Note 17 — Monomotapa en Ofir.
Reading edition
Die geheim van die eerste goudgrawers en fortbouers van ons noordelike binneland is nog nie ontsluier nie. Soos hieruit blyk, was die Portugese oorspronklik verantwoordelik vir die teorie dat daar tussen hulle en die Bybelse goudland ’n verband bestaan. Hall is van oordeel dat die geboue deur Semiete, uit Asië en waarskynlik uit Suid-Arabië afkomstig, opgerig is. Dit is ongetwyfeld waar dat hulle nie van Bantoe-oorsprong is nie en dat die Kaffers geen oorleweringe omtrent hulle oprigting het nie. ↑