← Table of contents
Uit ou Reisbeskrywinge

Note 4 — Die Dood van Francisco d’Almeida.

Reading edition

In hierdie moeilike tyd, toe iedereen vir homself gesorg het, kom Jorge de Mello by die onderkoning, en hy vind hom min of meer verlate, want iedereen moes na homself kyk en het sy hande daarmee vol gehad. Daar Jorge de Mello half ontevrede met hom was in verband met sake tussen Alfonso d’Albuquerque4 en die onderkoning, sê hy toe aan hom: „Senhor, ek sou graag party van dié by u gevind het aan wie u eer verskaf het, want nou is die tyd om weldade te vergoed;” waarop die onderkoning antwoord: „Senhor Jorge de Mello, dié wat aan my iets verskuldig was, is reeds agtergelaat; dit is nou nie die tyd vir sulke herinneringe nie; u moet liewer aan u adellike stand dink; en ek vra u as ’n guns om by die banier van ons koninklike heer te bly en dit te red, want dit word oneer aangedaan; wat my betref, ek kan met my sonde en jare hier my lewe sluit, daar dit die wil van die Heer is.”

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings