← Table of contents
Uit ou Reisbeskrywinge

Note 3 — Die Dood van Francisco d’Almeida.

Reading edition

Later toe hulle langs die strand loop, sê hy daar is sand in sy skoene, en hy vra vir Joano Gonçalves, sy lyfbediende, om hulle uit te trek; en toe Joano Gonçalves die een teen die ander klop om die sand uit te slaan, maak hy die opmerking: „As dom Joano de Menezes nog gelewe het en jou daardie skoene teen mekaar hoor slaan het, sou hy g’n stap verder gegaan het nie, al was dit ook in ’n slag wat grootliks tot sy eer sou strek; maar daar ek meer in God glo as in sulke illusies, sal ek my reis voortsit.” Hy het hier gesinspeel op ’n feit wat algemeen in die koninkryk bekend is, nl. dat dom Joano de Menezes aan twee slegte voortekens geglo het: die klop van twee skoene teen mekaar, en dat Dinsdag ’n ongelukkige dag was. Die verklaring hiervan is as volg: dom Joano was hooflyfwag van die prins dom Alfonso toe hy by Santarem van sy perd geval het en aan die gevolge oorlede is; en terwyl hulle twee naas mekaar op die wal van die Taag by Alfange ry, begin ’n knaap wat in die Taag geswem het, sy skoene teen mekaar te klop om die sand uit te kry, en net toe val die prins van sy perd; en dit was op ’n Dinsdag. Dus, as gevolg van hierdie ongeluk het dom Joano altyd aan die twee slegte voortekens geglo, en dit was so alom bekend in die koninkryk dat toe hy in Arsilla3 en later in Asamor3 kaptein was, die inwoners seker was dat hy niks op ’n Dinsdag of as hy twee skoene teen mekaar hoor slaan, sou onderneem nie.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings