← Table of contents
Uit ou Reisbeskrywinge

Note 4 — Die Dood van Francisco d’Almeida.

Reading edition

Koning Manuel het Francisco d’Almeida van sy bevel in die Ooste onthef en dit aan Alfonso d’ Albuquerque oorgedra. D’ Almeida het egter nog eers die groot oorwinning voor Diu op die gekombineerde Mohamedaanse vloot in 1509 behaal voor hy die terugreis na Portugal onderneem het. Tot kort voor sy vertrek het hy vir d’ Albuquerque as ’n prisonier behandel en in die faktory by Kananor opgesluit gehou. ↑

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings