Note 3 — Die Dood van Francisco d’Almeida.
Reading edition
Arsilla en Asamor is twee hawestadjies op die weskus van Morokko. Die Portugese het in dié streke gesag uitgeoefen. Hulle verowering van Morokkaanse gebied, wat in 1415 by Ceuta begin het, het aanleiding gegee tot die ontdekkingstogte; en die verval van hulle mag het ook hier begin, toe in 1579 koning Sebastiaan deur die More by Alkasar verslaan is en self in die slag gebly het. ↑ a b