← Table of contents
Uit ou Reisbeskrywinge

Note 8 — Verhaal van die Skipbreuk van die groot galjoen, Sint Johannes, by die Land van Natal in die jaar 1552.

Reading edition

Maar om terug te keer tot ons verhaal! Toe die kaptein en sy geselskap verneem dat die koning in die nabyheid was, het hulle die Kaffers as gidse gebruik; en met die grootste versigtigheid het hulle gegaan na die plek waarvan hulle gehoor het, onder God weet hoeveel folterende honger en dors. Dit was ’n uur7 tot by die kraal waar die koning was; en toe hulle daar naby kom, het hy ’n Kaffer gestuur om te sê dat hulle nie moes binne kom nie (want dit is hulle gewoonte om altyd die woning van die koning sorgvuldig te verberg), maar dat hulle onder ’n paar bome8, wat hulle aangewys is, moes kampeer, en hy sou hulle proviesie stuur. Manuel de Sousa het dit dan ook gedaan, soos ’n vreemdeling in ’n vreemde land; want hy het nie soveel kennis van die Kaffers gehad soos ons vandag deur hierdie skipbreuk en dié van die Sint Bento nie, en hy het nie geweet dat ’n honderd man met gewere die hele Kafferland kan deurtrek nie, omdat hulle banger is vir ’n geweer as vir die duiwel.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings