Note 7 — Verhaal van die Skipbreuk van die groot galjoen, Sint Johannes, by die Land van Natal in die jaar 1552.
Reading edition
Die geselskap het in hierdie tyd uit ’n honderd-en-twintig persone bestaan, en donna Leonora was nou een van dié wat te voet gegaan het; en ofskoon sy ’n vrou was van adellike rang, swak en jonk, het sy die slegte en pynlike weg afgelê asof sy ’n man was, gewend daaraan om op die land te werk; en sy het dikwels die ander opgebeur en haar kinders help dra. Dit was nadat daar g’n slawe meer was om die draagstoel te dra waarin sy vroeër gereis het nie. Dit wil werklik skyn asof die genade van die Heer haar ondersteun het, anders sou dit onmoontlik gewees het vir ’n swak vrou, ongewend aan ontberinge, om so ’n lang en pynlike reis te doen en gedurig aan honger en dors onderhewig te wees—want hulle het nou meer as driehonderd uur7 gereis, omdat hulle sulke groot ompaaie moes gaan.