Note 6 — Verhaal van die Skipbreuk van die groot galjoen, Sint Johannes, by die Land van Natal in die jaar 1552.
Reading edition
Dit het dikwels onder hulle gebeur dat ’n beker water van driekwart pint vir tien krusados6 verkoop is, en ’n honderd krusados is gegee vir ’n ketel wat ses kwarte bevat het; en daar dit somtyds tot wanorde gelei het aangesien daar g’n groter kan of beker onder die geselskap was nie, het die kaptein ’n honderd krusados betaal aan die persoon wat ’n ketel vol water gaan haal, en het hy dit met sy eie hande verdeel teen ag of tien krusados per porsie van driekwart pint, een vir homself en sy vrou en kinders en die res teen dieselfde prys.….