Note 3 — Verhaal van die Skipbreuk van die groot galjoen, Sint Johannes, by die Land van Natal in die jaar 1552.
Reading edition
… Van die kus waar hulle in 31 grade3 skipbreuk gely het, het op 7 Julie 1552 die tog in die volgende orde begin: Manuel de Sousa4 met sy vrou en kinders en tagtig Portugese, daarby ook slawe en André Vas, die stuurman, met ’n vlag van die Kruis omhoog; donna Leonora is deur slawe in ’n draagstoel vervoer. Hierdie afdeling het voorgegaan. Agter hulle was die meester van die galjoen met die matrose en slavinne, en heel agter Pantaleano de Sà met die res van die Portugese en die slawe—omtrent tweehonderd altesaam. Die hele geselskap het bestaan uit vyfhonderd persone, waarvan eenhonderd-en-tagtig Portugese was. Op hierdie manier het hulle ’n maand lank gereis, deur teenspoed, honger en dors geteister; want gedurende die hele tyd was hulle kos die rys wat uit die galjoen gered is, en ’n bietjie vrugte wat hulle in die bosse gekry het. Die land het niks anders opgelewer nie, en hulle het niemand ontmoet van wie hulle proviesie kon koop nie. Die streek waardeur die tog gegaan het, was onbeskryfbaar en ongelooflik woes5 …