Note 10 — Uit Peter Kolbe se „Beschryving van De Kaap de Goede Hoop.”
Reading edition
Die verhaal van hierdie kordaatstuk is ’n tiepiese voorbeeld van Kolbe se liggelowigheid. Dit is waarskynlik somar ’n opgesmukte storie wat in daardie tyd die rondte gedoen het en wat die skrywer sonder enige verder ondersoek aangeneem het. Dit was nie een man allenig wat die klomp gearresteer het nie, maar „’s Compagnies posthouders en eenige Hottentots,” soos die Dagregister vir ons meedeel. (Sien Ao. 1707–8, bls. 396.) ↑