← Table of contents
Uit ou Reisbeskrywinge

Note 18 — Uit die Dagverhaal van Jan van Riebeeck.

Reading edition

Die Chobona, of Choboqua, of Cabuners, ’n „swaerte natie” (Kaffers), wat veronderstel is die inwoners te wees van die fabelagtige ryk van Monomotapa „van waar de Portugeesen in Mosambicque al haer gout crijgen” (Van Riebeeck se Dagverhaal, Deel 3, Uitg. Historisch Genootschap van Utrecht, No. 59, bls. 447). Ses weke later sal Van Riebeeck ’n landtog uitstuur onder adelbors Jan Danckaert (12 November 1660–20 Januarie 1661) met die spesiale opdrag om die pad na die goudland te verken en handelsbetrekkinge met die „Monomotapers” aan te knoop en also o.a. die Portugese die voet dwars te sit: „Ende is oocq ’t gevoelen vastelijcq, dat de natie vermits der Portugeese heerse regeringe, tot onsen vredigen ommegangh wel genegen gevonden sullen worden” (Van Riebeeck se Dagverhaal, t.a.p.). Die tog het op ’n totale mislukking uitgeloop; veel verder as die Olinfantsrivier het die reisigers nie gekom nie. ↑

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings