← Table of contents
Uit ou Reisbeskrywinge

Note 14 — Uit die Dagverhaal van Jan van Riebeeck.

Reading edition

Die Gorachouquas, of Tabakdiewe, soos die Hollanders hulle genoem het, (onder kaptein Choro) was saam met die Goringhaiquas, of Saldanhars, of Kaapmans (onder kaptein Gogosoa, „de vette kaptein”) die vernaamste Hottentot-stamme wat hulle in die onmiddellike omgewing van die Fort en in die Kaapse Skiereiland opgehou het. Daar was ook nog die Goringhaikonas, of Strandlopers, of Watermans, (onder „kaptein” Autohoemao, of Herry), maar hulle was maar ’n armoedige, onaansienlike klompie van omtrent vyftig siele.—Die besoek van Choro, hoof van die Gorachouquas, en van Soesoa, hoof van die Chainouquas, wat toe nog ten noorde van die Bergrivier rondgeswerf het, vind plaas ná die beëindiging van die eerste Hottentot-oorlog (1659–60) en die vredesluiting in April 1660. ↑

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings