Note 2 — ’n Leeu-awontuur uit Starrenburg se Joernaal.
Reading edition
Die tog het dieselfde pad gevolg as Simon van der Stel, maar het nie verder as die Olifantsrivier gekom nie en het dus alleen bekende terrein „ontdek.” Aan ’n klein, toe droë riviertjie, wat hom ontlas in die benedeloop van die Olifantsrivier, of die Ruigerivier, is een van die toggangers, Jan Smit van Antwerpen, deur ’n leeu verras en verskeur geword. Dit is hierdie tragiese voorval en die daaropvolgende jag op die leeu wat in ondergaande uittreksel beskrywe word2.