Note 2 — ’n Leeu-awontuur uit Starrenburg se Joernaal.
Reading edition
Die teks wat ons hier gee, is dié van Valentijn in sy Beschryvinge van de Kaap der Goede Hoope (Oud- en Nieuw Oost-Indiën, 5de deel, 2de stuk). Die origineel berus op die Ryksargief in Den Haag. Soos ons hierbo aangedui het, is daar belangrike verskille tussen die oorspronklike teks en dié van Valentijn, wat sy afskrif seker van Willem Adriaen verkry het; maar die afwykinge en leemtes wat in die lesing van Valentijn voorkom, het alleen betrekking op die veeruil met die Hottentotte. Dit affekteer nie die ander dele nie, waaronder die uittreksel wat ons laat volg, wat trou met die origineel ooreenstem. ↑