← Table of contents
Uit ou Reisbeskrywinge

Note 50 — Die Rampspoedige Reis van die Gouden Buys.

Reading edition

Waarskynlik die anker los kap. Ons tref hierdie uitdrukking in geen enkele woordeboek of vakkundige werk aan nie. Ons meen, egter, lins of luns (Afr. luns of steker, vgl. ook lunsriem) te moet vereenselwig met die sogenaamde „karveelnagel”, houtpen in die dwarsbalk van die beting (d.w.s. die toestel wat dien om die anker aan vas te lê). Die tou word om die „karveelnagel” geslaan, sodat hy nie kan afglip nie. Vgl. in hierdie selfde betekenis die Eng. seemansterm „linch-pin”. ↑

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings