Note 21 — Die Rampspoedige Reis van die Gouden Buys.
Reading edition
Reen = meervoud van „ree” of „ra” (sien bls. 57). Volgens ’n mededeling van dr. J. M. L. Franken was dit ’n gewoonte om, as daar ’n seegeveg op bande was, die ra’s of seilhoute met kettings aan die maste te laat vasmaak, daar anders die toue miskien kon weggeskiet word en die seile daardeur op die dek val. Die Ordre voor de Schepen van Oorlogh wat ons vind in Nic. Witsen, Aloude en hedendaegsche Scheepsbouw en Bestier (Commelijn, Amsterdam, 1671), bls. 386, noem ook op, onder die voorbereidende maatreëls wat moet geneem word in geval van ’n seeslag: „Alle de raes met kettings te vangen.” ↑