Note 7 — Die Heldemoed van Jochem Willemszoon.
Reading edition
Die Dagverhaal vertel hoe die goewerneur Simon van der Stel persoonlik die leiding geneem het van die reddings- en die noodlenigingswerk. Hy het ’n tent laat opslaan aan die strand, en hy het daar vyf dae lank gebly sonder om na die kasteel terug te keer (5 tot 9 Junie). Daarna het hy alles laat doen wat moontlik was, om die skepe van die Kompanjie te red, maar sonder om in sy pogings te slaag. Ook die Engelse skip Orange is deur die branders spoedig aan stukke geslaan (sien Kopie-Dagregister, 1689–1692, Kaapse argief, No. 280, blss. 819, 848, 988, 1079). ↑