Note 2 — Die Heldemoed van Jochem Willemszoon.
Reading edition
Die Goede Hoop was oorspronklik ’n Franse skip met die naam van Normande, wat in Maart 1689 saam met die Coche op die Franse buitgemaak is in Tafelbaai, ná ontvangs van die nuus dat oorlog uitgebreek het tussen die Verenigde Nederlande en Frankryk. Die Coche is toe omgedoop in Afrika, en die Normande in die Goede Hoop. ↑