Note 2 — Die Eerste Nederlandse Vloot aan die Suid-Afrikaanse Kus.
Reading edition
Afgedruk in De Jonge, 2, blss. 287 vv. Sien De Jonge, blss. 285 vv. oor ander berigte van hierdie reis en veral D’ Eerste Boeck van Willem Lodewycksz uitgegee vir die Linschoten-Vereniging deur Rouffaer en Yzerman. Lodewycksz was onderkommies op die Amsterdam. In die Kaapse argief is ook uittreksels en afskrifte deur Theal van joernale van die reis, ook ’n uittreksel uit die joernaal van Van der Does. Die teks van De Jonge is vollediger en beter. ↑