Note 1 — Die Eerste Nederlandse Vloot aan die Suid-Afrikaanse Kus.
Reading edition
Op 2 April 1595 het die eerste Nederlandse vloot wat om die Kaap heen Indië sou bereik, onder Cornelis de Houtman en ander bevelhebbers van Texel geseil.1 Onder die joernale van hierdie reis is dié van Frank van der Does een van die interessantste. Hy was adelbors op die Hollandia en was, soos uit die volgende uittreksel uit sy joernaal blyk, onder dié wat by Mosselbaai aan land gegaan en met die Hottentotte in aanraking gekom het. Dit was die eerste keer dat die Hollanders met hierdie volk kennis gemaak het en op Suid-Afrikaanse grond voet gesit het.