← Table of contents
Uit ou Reisbeskrywinge

Note 1 — Die Eerste Nederlandse Vloot aan die Suid-Afrikaanse Kus.

Reading edition

Die vloot het bestaan uit drie skepe, Mauritius, Hollandia en Amsterdam, en ’n jag Duyfke—altesaam skaars 250 koppe. Die gesag oor die vloot het by die skeepsraad, waarvan De Houtman voorsitter was, bestaande uit offisiere en bevelhebbers, berus. Cornelis de Houtman was senior kommies op die Mauritius, en Jan Jansz Moelenaer was die skipper daarvan. Een kommies van die Hollandia, nl. Gerrit van Beuningen, het gedurig met Houtman in vyandskap verkeer. Hy is in Indië deur die skeepsraad veroordeel en as ’n gevangene teruggebring na Nederland. Die bekwame en getroue skipper van die Hollandia, Jan Dignumsz, is op die kus van Madagaskar oorlede, en die bevordering van Pieter Dircksz Keyser, opperste piloot, tot skipper in sy plek het veel stryd veroorsaak. Nieteenstaande al die verdeeldheid en wanordelikheid was die reis ’n gebeurtenis van die allergrootste betekenis. De Jonge sê daarvan: „De scheepstogt, waarvan de gevolgen in later dagen zoo groot werden, was zonder beleid, zonder eendragt en eigenlijk zonder begrip van de grootsche taak welke volvoerd moest worden, ten einde gebragt; maar de reis was volbragt, hoe dan ook, en dat was het groote, het sprekende feit; want nu was de baan gebroken en aan Spanje’s Koning, aan geheel Europa was bewezen, dat het kleine volk van Noord-Nederland zijne vlag kon en durfde vertoonen tot aan het uiteinde der aarde en dat het, voor zijnen kolonialen handel, Lissabon kon ontberen.” Sien De Jonge, Ndl. Gezag In O. Indië, 2, blss. 187 vv. ↑

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings