← Table of contents
Oom Gert Vertel en Ander Gedigte

Note 3 — INLEIDING.

Reading edition

So is Engels oorspronklik niks anders as die dialek van Londen, Hollands die dialek van Suidholland, Frans die dialek van Parys, ens.

Afrikaans is reeds dikwels by een of ander van die vele Nederlandse dialekte vergelyk; maar sulke vergelykinge lewer geen afdoende bewys nie, want uit 'n blote taaloogpunt beskou, is Hollands ook maar 'n dialek van Duits, en Portugees 'n dialek van Spaans.

Die taal van 'n afsonderlike volk en van 'n uitgestrekte wêrelddeel is nie dieselfde nie, as die taal van die inwoners, dikwels alleen van die laagste inwoners, van een of ander stad of streek, wat maar 'n kleine onderafdeling vorm van 'n groter geheel; en Suidafrika staan in 'n heel ander verhouding tot Nederland, as, sê, Rotterdam of Zeeland.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings