← Table of contents
Die prosa van die twede Afrikaanse beweging

Note 373 — Satieries-Humoristiese Prosa.

Reading edition

Oor die onvrugbaarheid van akademiese professore het Langenhoven hom herhaaldelik uitgelaat. In Die Banier, Julie 1921, beweer hy selfs, dat dit daarna lyk of 'n akademiese opleiding vir die vorming van 'n kunstenaar noodlottig is—wat seker 'n onjuiste bewering is. So 'n opleiding "het uitgeloop, nie op 'n mislukking nie, maar op 'n sukses: op die sukses van 'n beoogde mislukking, want hy was opsetlik bereken om te misluk"! Vir sulke spitsvondigheidjies is Langenhoven maar àl te lief!

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings