Note 82 — HOOFSTUK III.
Reading edition
In sy repliek hierop maak Preller hom van die kwessie af met 'n paar kwinkslae oor "inspirasie-bakoond" (!) en ontydig slapende of badende digters—grappies wat in 'n hoogstaande tydskrif seker ongepas is. En hyself het nadruklik verklaar: "Die digkuns is geen handwerk nie". Voorwoord, Die Vlakte, (1920) p. 7.