← Table of contents
Die prosa van die twede Afrikaanse beweging

Note 59 — HOOFSTUK II.

Reading edition

Vgl. Dr. E.C. Pienaar: Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging2 p. 16, waar 'n uitvoerige bespreking aan die brosjure gewy word. Die voorrede van Dr. Engelenburg is gedateer 14 Julie 1905. Pienaar se datum, Junie, is dus 'n vergissing. Die eerste gedeelte, wat in die brosjure weggelaat is, bevat 'n droom oor drie perskebome in 'n snaakse tussentaal, nog Hollands, nog Afrikaans, waarvan die volgende 'n staaltjie is: "Deze bomen waren hier geplant van steggies, en by al twee waren klompies mense hard bezig om te proberen ze te laten groeien, de een deur water te lei, de ander deur los te spit, de een weer deur te snoei, en de ander deur mest te geven." De Volkstem, 19 April 1905.

Explore with AITake your curiosity a little further.

Reading settings