Note 386 — Didaktiese Prosa.
Reading edition
Vgl. my artiekel oor die kwessie in Die Huisgenoot, Aug. 1922. In sy repliek (Die Burger, 4/9/22) slaag Langenhoven daar nie in om die persoonlike element buiten die kwessie te hou nie. Dit word 'n kriewelrige filippika teen "akademiese Fariseërs" en "skrifgeleerde ape", onder wie Kloos, Van Deyssel, Van Eeden en Robbers gereken word!! Hoe weinig begrip Langenhoven van die letterkundige kritiek het, blyk o.a. uit die volgende: "Die grootste vyande van alle kuns is die katedrale (sic!) kuns-eksperte." Die feite wat ek aangevoer het bly onaangetas staan, soos in een van die volgende nommers van Die Huisgenoot aangetoon word.