Note 2 — SKIPBREUK
O. G. P. (Otto Gottlob Paul) Grosskopf translation
Ons het toe maar ’n soort van huis gebou, die komieklikste huis wat mens jou kan voorstel. Robinson Crusoe het selfs nooit ’n snaakser een gesien nie. Dit het drie mure gehad, algar hoofsaaklik van kos gemaak, met ’n groot seil daaroor getrek as ’n dak en ’n paar geteerde bokseile om te help. Die sterkste muur, aan die kant van waar die wind gewaai het, was gebouw van sakke meel op kiste met ingelegde groente. In daardie mure was sakke ertappels, kratte vol uie, vate, sakke met pakhout2, hamme en spek. Ons het in elk geval gevoel dat ons genoeg kos gehad het. Ons was besonder bly dat ons ’n hele klomp „pemmican”3, spesiaal deur Armour gemaak, gehad het wat Pa se vriend Herman Nichols vir ons gegee het.