Note 1 — DEUR DIE STRAAT VAN BELLE ISLE
O. G. P. (Otto Gottlob Paul) Grosskopf translation
Dit was ’n groot menigte van „clams”. In die geheel het ons omtrent ’n skepel van hulle uitgegrawe, en daardie aand het ons ’n lekker „clam chowder”1 geniet. Dit was nie heeltemal so spannend soos om ’n walrus te kry nie, maar dit was in elk geval pret en ons het volgehou dat die „clams” werklik die eerste buit was wat ons aan boord gebring het.